Televisietoring van Berlyn



Televisietoring van Berlyn


Ligging
Alexanderplein, Berlyn


Funksie
Televisietoring
Draairestaurant
Kroeg
Uitkykplatform


Opgerig
1965–1969


Tegniese gegewens

Hoogte:
368,3 m

Uitkykplatforms:
203,78 en 207,53 m



Materiaal: Staal en beton

Die televisietoring van Berlyn (Duits: Fernsehturm Berlin) is met 368 meter die hoogste gebou in Duitsland en ook die vierde hoogste gebou in Europa wat nie afgespan is nie.

Die toring is tussen 1965 en 1969 wes van die Alexanderplein in die historiese stadskern van Berlyn opgerig, vlakby die middeleeuse Sint Mariakerk en nie ver van die Rooi Raadsaal nie. Die toring is tans in besit van die Deutsche Funkturm GmbH (DFMG) in Münster, 'n dogtermaatskappy van Deutsche Telekom AG.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search